Quantcast
Channel: Geldsake – Goeie Huishouding
Viewing all articles
Browse latest Browse all 41

3 geheime wat net ryk mense ken

$
0
0
rich secrets

1. JY HET NIE GELD NODIG OM GELD TE MAAK NIE

Dis ’n mite dat jy van die begin af baie geld moet hê. Wanneer dit by beleggings kom, sal selfs klein bedrae wat gereeld in ’n aandelemark- of pensioenfonds betaal word ongemerk oor tyd groei. Dis danksy die krag van saamgestelde rente – waar jy rente op jou rente verdien – wat Albert Einstein glo die “agtste wêreldwonder” genoem het.

DOEN DIT NOU

Skep minstens een maandelikse debietorder om geld in langtermynbeleggings te belê. Beleggings wat op effekte en aandele gegrond is, vaar histories die beste. Selfs al kan jy net R250 per maand wegsit, sal dit danksy saamgestelde rente bly groei. Hoe vroeër jy begin, hoe beter, maar selfs al is jou aftrede om die draai, is daar steeds tyd om te belê.

 

2. WAAG RISIKO’S, MAAR NET INGELIGTES

Slim beleggers weet jy sal nie baie geld maak deur jou geld in veilige opsies soos ’n spaarrekening te belê nie. Trouens, op lang termyn kan jy só geld verloor omdat dit nie met inflasie tred hou nie. Die aandelemark lewer tradisioneel meer as spaarrekeninge op.

DOEN DIT NOU

Sit genoeg geld in ’n maklik toeganklike spaarrekening om drie tot ses maande se uitgawes te dek en belê dan soveel as moontlik in effekte en aandele. Vra ’n finansiële raadgewer vir advies oor in watter medium- tot hoërisiko-aandele jy moet belê.

 

3. WERK HARD

Tensy hulle ryk geërf, getrou of geskei het, sal jy nie sommer ’n ryk mens kry wat nie kliphard daarvoor gewerk het nie. Dragons’ Den se Deborah Meaden sê: “Mense wat altyd suksesvol blyk te wees, werk bloot harder as die res.” En hulle beskou mislukking as ’n leerskool. Soos Richard Branson sê: “Jy leer nie hoe om te loop deur die reëls te volg nie. Jy leer deur te probeer en te val.”

DOEN DIT NOU

Skep ondersteuningstelsels. Vriende en familie kan help, maar dis belangrik om ’n netwerk van sakevriende in jou veld op te bou, veral met dié wat jou kan help om in jou beroep te vorder of nader aan jou doelwitte te kom. Gebruik LinkedIn om gepaste netwerke op te spoor. Meetup.com het oraloor spesialebelangegroepe wat alles dek van hoe om ’n onderneming te begin tot bedryfspesifieke besprekings.

The post 3 geheime wat net ryk mense ken appeared first on Goeie Huishouding.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 41

Latest Images